Laerskool Cradock teen Laerskool Aliwal-Noord
Laerskool Cradock teen Laerskool Aliwal-Noord. Saterdag, 30 Julie, het Laerskool Cradock se netbalspanne teen Aliwal-Noord, te Laerskool Cradock meegeding.Dit was ‘n sonnige wintersoggend en die netbalspeelsters was opgewonde om teen hul opponente te kon speel. Die o.10A-span speel baie goeie spel. Hulle verloor met 5 doele teenoor 8. Ons is trots op elke speelster.
Die onder 11B-span speel n uitdagende wedstryd. Hulle verloor 2-10.Onder 11A het ook ‘n harde wedstryd gehad en sweet het behoorlik geloop. Hulle verloor die wedstryd met 4 doele teenoor 12. Die o.12A-span het baie sterk teenstaanders gehad. Al het die verdedigers uitstekend gespeel, kon hul nie as oorwinnaars van die baan afstap nie. Hulle verloor 1-14.Die o.12B’s veg hard en gee hulle beste, maar verloor met 3-13.Die o.13 B-span van Cradock speel pragtige netbal en wen 8-3.Cradock se o.13A-span speel teen ñ baie sterk span van Aliwal-Noord. Hulle verloor 16-24.

o.13B-span wat teen Aliwal-Noord gespeel het. V.l.n.r Nikilitha Dakuse, Ninke van Nuwenhuys, Nadine Kramer, Mieke du Plessis, Cindy Duvenhage, Miné Venter en Hestrie Stemmet.