Rockies Interskole: Hoërskool Swartland o.19A netbalspan
Kom ondersteun die eerstespan Saterdag 20 Augustus om 12:00 op die A-baan:
AWSUM het met hul afrigter, Sanet Joubert, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Ek is baie opgewonde oor hierdie jaar se Interskole, aangesien ons vir twee jaar uitgemis het op hierdie jaarlikse hoogtepunt. Alhoewel ons ‘n jong-span het, is die dogters slaggereed om hulle beste te gee en weet ek hulle gaan die skool en die ouers trots maak.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons krag lê in die feit dat ons as ‘n eenheid vir mekaar speel. Hierdie groep dogters motiveer mekaar en het die hele jaar hard gewerk om met trots die “Blokrok” aan te trek.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Vir my was dit om elke dogter te laat besef dat hulle nie net in hulself moet glo nie, maar ook in mekaar. Die twee jaar se onderbroke netbal, asook die feit dat nie een van hierdie dogters eerstespan “ondervinding” gehad het nie, het veroorsaak dat hulle in hulleself getwyfel het, maar ek kan met trots sê hulle het die verantwoordelikheid aanvaar en alles ingesit om ons doelwitte te bereik.
Hier is die o.19A netbalspan van Hoërskool Swartland.

Mané Visser

Danél Visser

Megan Lombard

Rianè Ligthart

Toné Malherbe

Lize-Mari Batt

Zeté Adams

Kristin van der Ross
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.