Nasionale kleure vir Hoërskool Grens karateka
Leon Müller en Haley Leach het 20 en 21 Mei 2022 aan die SAJKA Nasionale Karatekampioenskappe in Johannesburg deelgeneem. Tydens die twee dae was daar ongeveer 3200 deelnemers tussen die ouderdomme van 6 tot 70+ jaar. Haley Leach verwerf ‘n silwer medalje vir beide Kata en Kumite in haar belt- en ouderdom afdelings. Leon Müller verwerf ‘n top 8 vir Kata en ‘n goud vir Kumite in die Elite Novice (13 jaar) Bruin en Swart belt afdelings. Albei verwerf SAJKA Nasionale kleure.

(Foto: Haley Leach)

(FOTO: Leon Müller)