Nasionale Kleure in karate vir Laerskool Nahoon leerder
Nasionale Kleure in karate vir Laerskool Nahoon leerder. Elani Hüsselmann het tydens die Buffalo City Metro Kata kompetisie in Februarie, die eerste plek behaal in die Dogters o.10-afdeling en ontvang ‘n goue medalje. Tydens die kwartaallikse gradering in Maart, wen sy die trofee vir Beste Vroulike Kata (sy is nou eers 9 jaar oud) en sy gradeer na ‘n Groen Belt.
Elani het in November 2021 aan die JKA Karate Oos-Kaap Kampioenskappe deelgeneem. Sy behaal ‘n eerste plek in haar ouderdomsgroep en word gekies vir die Oos-Kaapspan wat vanaf 19 tot 22 Mei aan die SA Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg gaan deelneem. Elani kwalifiseer vir Provinsiale Kleure (Oos-Kaapkleure) in Karate. Tydens die SA Kampioenskappe in Johannesburg op 20 Mei, behaal Elani ‘n goue medalje in Kata sowel as in Kumite. Sy kwalifiseer vir SA Kleure in karate en word gekies vir die SA-span. Met hierdie prestasie behaal Elani Nasionale Kleure in Karate. Ons is baie trots op hierdie jong Springbokkie! Baie geluk, Elani.