Laerskool Nahoon Gr.6 leerder dring deur tot semi-finaal by ATKV
Laerskool Nahoon ATKV redenaars uitslae: Angelique Potgieter, ‘n gr. 6-leerder, het na die semi-finale rondte van die ATKV Redenaars deurgedring. Sy neem in die graad 6 & 7-afdeling deel. In hierdie afdeling moet die leerders eers ‘n voorbereide toespraak lewer. Hulle moet dan binne ‘n uur ‘n onvoorbereide toespraak voorberei en dan lewer. Die onvoorbereide toespraak tel 75% van die punte wat hulle ontvang. Tydens die semi-finaal het leerders gekom vanaf die Oos-Kaap en die Suid-Kaap om teen mekaar te staan. Die kompetisie het plaasgevind op 28 Mei 2022 in Gqeberha.
Ons wens Angelique baie sterkte toe met haar deelname. Baie geluk ook met die provinsiale kleure vir Redenaars (Oos-Kaap Kleure) wat jy ontvang. Ons is trots op jou en hierdie pragtige prestasie.

Foto: Angelique Potgieter