[Onderhoud] Mané Visser: o.19A netbalkaptein van Hoërskool Swartland
AWSUM het met Mané, Hoërskool Swartland se o.19A netbalkaptein gesels oor Interskole.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Om net weer te kon netbal speel na 2 jaar van Covid-19 was vir ons ‘n groot hoogtepunt gewees. Ons span was ook bevoorreg om 2 toere na Menlopark en Tukkies te kon doen. Die ondervinding wat ons hier op gedoen het was van onskatbare ware vir ons span en die seisoen wat hierna gevolg het. Met heelwat spanveranderings en beserings het ons nogsteeds uitstekend gevaar en minimaal van ons wedstryde verloor.
Hoe motiveer jy jou span? Om te lei op en af die baan en altyd gereed bane toe te kom en die voorbeeld te stel is vir my belangrik. Vir my begin die motivering al by die samesyn en “warm-up” voor die wedstryde, om mekaar moed in te praat en elkeen se kop reg te kry vir “game time”. Elkeen in die span speel ‘n kardinale rol en dit is vir my belangrik dat ons saam staan en mekaar motiveer. Om altyd te “smile” en te lei “by example” op die baan, ongeag hoe swaar dit gaan op die baan.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Toné Malerbe (GS) – is iemand met wie ek oor enige iets kan praat. Sy staan my by en help my met besluite wat ons namens die span moet neem. Om Toné as onderkaptein te hê stel my as kaptein baie gerus en maak my werk baie makliker, want ons kan as ‘n span saamwerk.
Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings? Ek dink ons is ‘n sterk span hierdie jaar, met 2 Wes-Kaap en 3 Weskus spelers in die span. Alhoewel ons span ‘n paar keer die jaar moes verander wees onttrekkings en beserings het ons as “ONE TEAM unite”. Elke speler bring haar eie dinamika na die span en gaan ‘n baie belangrike rol speel sodat ons 2022 se Interskole wen.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Eerstens wil ons die 2022 Interskole wen. Tweedens om as “ONE TEAM” te speel. Wat my trots sal maak as elke speler hierdie jaar sy uiterste en beste sal gee op die baan. Om alles wat hulle geleer het toe te pas en te “unite” as ‘n span. En natuurlik om te wen sal die die “ultimate” prys wees van ‘n jaar se harde werk en twee jaar se netbal wat ons weens Covid-19 verloor het.
Wat is jou planne vir die toekoms? Om aan die toekoms te dink voel nog so onwerklik en ek kan nie glo dit is my laaste jaar in die geel – en – blou rokkie nie. Ek is baie hartseer hieroor, maar sien ook uit wat my toekoms vir my inhou. Ek wil volgende jaar by NWU Biogenetic gaan studeer of fisioterapie by UWC. NETBAL speel is natuurlik deel van my toekomsplanne.
Klik hier vir die o.19A netbalspan van Hoërskool Swartland.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.