Uitstekende 2022 seisoen vir Hoërskool Grens netbalspeler
Tydens die Junievakansie het die talentvolle netbalspeler Amori Matthee van Hoërskool Grens as ‘n lid van die Oos-Kaap Netbalspan aan die Interprovinsiale Kampioenskappe deelgeneem. Die span het uitstekend gevaar. Amori is as een van die top 35 spelers aangewys.