[Onderhoud] Marissa Cotter: o.19A Dogtershokkie Kaptein van Hoërskool Swartland
AWSUM het met Marissa Cotter, Hoërskool Swartland se o.19A Dogtershokkie Kaptein gesels oor Interskole.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Eerstens, om na die onsekerheid van Covid weer die geleentheid te kon kry om weer saam as `n span hokkie te beoefen. Tweedens, om `n nuwe klomp spelers beter te leer ken en saam as `n span ons passie te deel.
Hoe motiveer jy jou span? Ek sal gereeld op `n Vrydagaand (voor `n wedstryd) vir hul `n kort motiverende video clip stuur. Ek herinner hul daaraan, dat almal se rol in die span belangrik is en as ons op die veld uitstap, moet ons ons “game face” aansit.
Wie is jul onderkaptein en hoe staan sy jou by? Ons onderkaptein is Emily Visser. Ek en sy het dieselfde visie vir ons span en sy is my regterhand as ek of die span hulp en motivering nodig het.
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole, Is daar enige beserings. Ons is baie dankbaar dat daar tot dusver geen ernstige beserings het nie en ons hoop om as een span, wat gesond en fiks is, vir Hugenote aan te pak.
Wat wil julle as span die jaar bereik? Om Interskole te wen sal natuurlik die toppunt wees, maar om te weet dat ons elke kans ten volle benut het en om ons beste te gee en ook om ons ondersteuners en skool te dien met ons sportmangees, is die fokuspunt van ons span.
Wat sal jou trots maak? Om eendag terug te kyk en te weet dat tye soos hierdie my as leier en as spanspeler gevorm het en natuurlik as ons span en al die ander spanne as wenners uit die stryd sal tree!
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek hoop om eendag `n suksesvolle tandarts te wees en om te kan voortgaan met my hokkie en atletiek waarvoor ek baie lief is.
Klik hier vir die o.19A Dogtershokkie van Hoërskool Swartland.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.