[Onderhoud] AW Steyn: o.19A Seunshokkie Kaptein van Hoërskool Swartland
AWSUM het met AW Steyn, Hoërskool Swartland se o.19A Seunshokkie Kaptein gesels oor Interskole.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Hierdie was een van die lekkerste seisoene wat ek nog beleef het vandat ek vir die eerstespan speel. Elke wedstryd is lekker, maar ek dink dot dusvêr was ons 2-1 wen teen Worcester Gimnasium die wedstryd wat vir ons almal uitstaan.
Hoe motiveer jy jou span? Voor ‘n wedstryd praat ek met my span en hou hulle rustig. Ek het nog nooit nodig gehad om hul te motiveer om hul beste te gee nie, ons motiveer mekaar om altyd ons beste te gee.
Wie is jul onderkaptein en hoe staan sy jou by? Ons onderkaptein is Frans-James van Niekerk en hy is altyd daar wanneer ek hom nodig het. Ons speel al van laerskool af saam hokkie, so ons verstaan mekaar baie goed.
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole, Is daar enige beserings. Ons is ses matrieks, twee graad 11’s en ses graad 10’s, so daar is lekker baie jong talent in ons span ook. Deur die genade van Bo het ons tans geen ernstige beserings nie en ek glo ons almal gaan op ons beste vir Interskole wees.
Wat wil julle as span die jaar bereik? Ek dink ek praat vir almal in my span as ek sê ons wil Interskole 2022 wen. Ons werk hard daarvoor, maar as dit ons nie beskore is nie, stap ons steeds weg as ‘n wenspan. Elke liewe spanmaat van my het hierdie seisoen hul hart uitgespeel en dit sal ek vir altyd onthou. Hierdie seisoen en span is ons almal se trots.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag volgende jaar Bedrysingenieurswese by die Universtiteit van Stellenbosch gaan studeer, en hopelik nog bietjie sosiale hokkie speel.
Klik hier vir die o.19A Seunshokkiespan van Hoërskool Swartland.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.