Uitstekende Prestasie deur Hoërskool Nico Malan Gr 12 leerder
Uitstekende Prestasie deur Hoërskool Nico Malan Gr 12 leerder. Max du Pisani, Graad 12 leerder van Hoërskool Nico Malan is slegs die 3de speler in Nico Malan se geskiedenis en die eerste speler in 28 jaar by Nico Malan wat opgeneem is in ‘n SA Skole, SA Skole A span of SA Skole Akademiespan.
Hierdie hardwerkende jong man, ook deel van Nico Malan se Uitvoerende Komitee, Onder Primarius by Lushof Koshuis en onder die Top 10 Akademiese presteerders in Graad 12 is ‘n uitstekende voorbeeld van wat in die lewe bereik kan word deur harde werk. Max is Vrydagoggend ingesluit in SA Skole A span. Nico Malan is baie trots op Max met hierdie uitstekende prestasie en wens hom net alles wat mooi is toe vir sy rugbyloopbaan vorentoe.