Laerskool Stulting Virtuele Radikale Redenaars presteer
‘n Paar van Laerskool Stulting se leerlinge het aan die Virtuele Radikale Redenaars kompetisie deelgeneem. Puik prestasies is behaal en Hanna Ferreira is gekies om Oktober aan die nasionale kompetisie te gaan deelneem. Baie geluk Hanna en baie sterkte met die finale voorbereidings.