[Onderhoud] – Steph Zeelie: o.19A rugbykaptein van Hoërskool Swartland
AWSUM het met Steph Zeelie, Hoërskool Durbanville se o.19A rugbykaptein gesels oor Interskole.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Elke keer wat ons die Bloktrui aantrek en ons skool verteenwoordig is ‘n hoogtepunt. Die veggees en kartakter wat ons as ‘n groep in elke wedstryd wys, is my grootste hoogtepunt.
Hoe motiveer jy jou span? Ek lei deur `n voorbeeld te stel, eerder as om te veel te praat. Elke ou in die span weet wat sy rol is en ek probeer om almal gefokus te hou op dit wat belangrik is.
Wie is jul onderkaptein en hoe staan sy jou by? Ons onderkaptein is Romeal Swartz. Romeal is baie ervare en bring ‘n kalmte na die span. Hy floreer onder druk en laat die res van die span toe om te konsentreer op hul take.
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole, Is daar enige beserings. Ons sukkel tans met ‘n paar manne wat siek is maar sal teen Interskole op vol sterkte wees. Ons is gelukkig dat die manne wat beseer was weer fiks en reg is.
Wat wil julle as span die jaar bereik? Dit sal lekker wees om die jaar met ‘n Interskole – wen af te sluit. Ons grootste doel vir die jaar was om ons struktuur onder die knie te kry en vir mekaar te speel. Ons is tans presies waar ons wil wees.
Wat sal jou trots maak? Om Interskole te wen.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag na skool gaan studeer en oorweeg tans een of twee opsies om rugby deel van my toekoms te maak.
Klik hier vir die o.19A rugbyspan van Hoërskool Swartland.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.