[Onderhoud] Marli van der Merwe: Eerstespan hokkiekaptein van Hoër Volkskool
AWSUM het met Marli van der Merwe, Hoër Volkskool se eerstespan netbalkaptein oor Interskole gesels.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Die hoogtepunt vir ons span was om mekaar te vind en mekaar in elke wedstryd wat ons gespeel het, te leer ken. Ja, dit was uitdagend met tye, maar dit was alles die moeite werd.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek motiveer my span deur opbouende woorde en om hulle elke dag te herinner dat hulle net hulle beste moet gee vir hulle susters wat saam hulle speel en vir ons coach wat haar hart en siel in ons span gesit het.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
My twee onderkapteine is Marlien Crewe-Brown en Chloé Stannard. Hulle staan my by deur om my te motiveer wanneer ek op `n laagtepunt is en hulle is vegters as dit kom by hulle susters.
Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings?
Ons is positief en ons weet wat in ons steek. Dis nou net om dit te bewys dat ons kan. Gelukkig het ons geen beserings nie, so ons span is voltallig.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons doel waarna ons streef is om geskiedenis op ons eeufees jaar te maak, deur om die beker te kan optel aan die einde van ons wedstryd. Ek is al klaar trots op elke liewe sussie van my, maar as hulle hul harte tydens Interskole gaan uitspeel, sal dit `n bonus wees.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek wil aptekerswese volgende jaar studeer.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier: