Laer Volkskool geniet die Grey High School strykorkes
Laer Volkskool was baie bevoorreg om na Grey High School se strykorkes te luister. Hulle het vir ons in die skoolsaal opgetree. Die orkes was op ‘n toer op pad na Bloemfontein en ons was baie dankbaar dat hulle by ons gestop het. Dit was vreeslik mooi om na al die verskillende instrumente te luister. Sterkte met julle toer verder. Ons weet dit sal goed gaan.