Volkies se eerstespan dogtershokkie-kaptein gesels…
Volkies se eerstespan dogtershokkie-kaptein: Imke Blom Kaptein
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Die hokkie toer wat ons in Maart en April gehad het, want ons het baie geleer, dit is waar ons mekaar begin vertrou en ondersteun het.
Deur altyd postitief te wees, wanneer dinge op die veld begin moeilik raak. Om almal te ondersteun en aan te moedig wanneer hulle ‘n fout maak.
Hoe motived jy jou span?
Deur altyd postitief te wees, wanneer dinge op die veld begin moeilik raak. Om almal te ondersteun en aan te moedig wanneer hulle ‘n fout maak.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Wilné Janse van Vuuren, sy ondersteun my en help my as ek self sukkel om positief te bly en motiveer my om aan te hou probeer as ek nie iets reg kry nie.
Hoe is die samestelling van die span vir die Intervarsity? Enige beserings?
Ons het n sterk span. Ons span se konditionering en fiksheid goed lyk goed. Ons het geen beserings nie.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons wil graag ons waardes: respek, geloof, dissipline & positiwiteit uitleef op en van die veld af. Een van ons doelwitte is ook om noordvaal toe gaan, want dit sal ons en ons skool trots maak!
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek wil by die Noordwes Universiteit van Potchefstroom BA in Geografie en Toerisme studeer, asook my NGOS voltooi. Ek wil ook in daardie tydperk hokkie speel.

Imke Blom