Potchefstroom Gimnasium se eerstespan netbalkaptein gesels….
Potchefstroom Gimnasium se eerstespan netbalkaptein: Selma Kotzé
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Definitief die NWU-Prestige-sportreeks se finaal.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek motiveer my span deur hulle positief op te bou – nie net voor ‘n wedstryd nie, maar tydens oefening ook.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Ons onderkaptein is Miqaé Esterhuizen. Miqaé is tans beseer, maar sy staan langs die baan met elke wedstryd en skree haar longe uit.
Hoe is die samestelling van die span vir die Gimmie-Volkie Classic Clash? Enige beserings?
Ons span bestaan uit graad 11- en 12-dogters. Een speler is tans beseer.
Wat wil jul as ‘n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons span wil probeer om te vorder tot by die DStv Schools Netball Challenge en daar ’n plek te behaal wat ons trots sal laat voel. Wat my trots sal maak, is as ons na elke wedstryd kan afstap van die baan en weet dat ons ons beste gegee het.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek wil graag sonargrafie gaan studeer en in ‘n hospitaal werk.

Selma Kotzé