Laerskool La Hoff se uitblinkers van kwartaal 2
Laerskool La Hoff se uitblinkers van kwartaal 2
SAARA KZN Luggeweerskiet
Aurelia du Plessis het aan die SAARA KZN Luggeweerskiet Ope te Florida Hoërskool deelgeneem en behaal ‘n skitterende silwer medalje op 10m. Baie geluk Aurelia, ons is trots op jou!
KOSH Rugby
Baie geluk aan die volgende seuns wat gekies is as deel van die KOSH Rugbyspanne. Geniet die toernooie wat voorlê en sterkte met die voorbereiding. Ons is trots op julle!

KOSH Rugby – o.11 Voor: Lafras Visser, Sebastiaan Van der Merwe, Dihan Booyens, Waldo Senekal, Juandré Steenkamp Agter: Zandré Ehlers, John Jordaan, Lian Louw, Dian van Greuning, Jandré Swanepoel Afwesig: Janco Greyling

KOSH Rugby – o.12 Voor: Divan Taute, Fanie de Kock, Stephan du Preez, Heinrich Hattingh
Agter: Jandré Van der Walt, Conrad Marais, Luan le Roux, Jano Koekemoer

VKB/KOSH Rugby – o.13 Logan te Brugge, Juan Cooper, MP Willemse, Zac Pieterse
Noordwes Tennis
Mila de Beer, Riley Anderson en Juan Jordaan het deelgeneem aan die Interpro Tennistoernooi. Die drie Hoffies het die Noordwes provinsie verteenwoordig, teen Noord-Kaap in Kimberley.

Mila de Beer, Riley Anderson

Juan Jordaan
Leeder SA Kampioen in Kickboxing PC Swanepoel het vanaf 12-15 Mei deelgeneem aan die Kickboxing Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Mosselbaai. Hy is ook aangewys as die SA Kampioen in die Kick-Light afdeling. Baie geluk PC, ons is baie trots op jou!
Noordwes Atlete
Hierdie atlete het puik presteer tydens die atletiekseisoen die Noordwes atletiekspan behaal het. Miné Scott, Ava Tannous, Rhode Theron, Dean McAslin, Christen Clark, Luan le Roux, Mnuschke Smith, Divan Pullen (afwesig)
Provinsiale rugby en netbal
Die volgende rugby- en netbalspelers is tot die onderskeie Noordwesspanne verkies: Luiperds o.13 rugbyspan: Logan Botha en Jaden van Aswegen Noordwes o.12 netbalspan: Ludy-May Smith, Micaela Moll en Leila Osborne.

Logan Botha en Jaden van Aswegen

Ludy-May Smith, Micaela Moll en Leila Osborne