Laerskool Rustenburg tennis uitslae
Tiana van Niekerk en Lohan Reynecke het pragtig presteer by Tennis SA se Limpopo o.14 Pro Kennex tennistoernooi in Polokwane gedurende die naweek van 28 Mei 2022. Tiana het eerste gekom in die enkel- én dubbelspel kompetisies en Lohan het eerste in die enkelspel en tweede in die dubbelspel afdelings gekom. Larries is baie dankbaar vir die gróót opoffering van die spelers en hul ouers se kant. Baie baie geluk aan julle!

Lohan Reynecke, in aksie vir Larries tydens die afgelope Mooirivier Tokkies Prestige Tennistoernooi

Tiana van Niekerk heel regs, na afloop van die Limpopo ProKennex TSA o.14 tennistoernooi.

Tiana van Niekerk, in aksie vir Larries tydens die afgelope Mooirivier Tokkies Prestige Tennistoernooi.
Larries se o.13 seuns en meisie tennisspanne het uitstekend presteer tydens die Rustenburg-gedeelte van Tennis SA se Nasionale Paribas tennistoernooi wat Vrydag, 3 Junie plaasgevind het. Hul het Proteapark en Vastrap oortuigend gewen en kom in die volgende twee weke te staan teen Laerskole Brits en GHS se spanne om die Bojanalastreek se wenners te bepaal. Welgedaan, ons is baie trots op julle!

Die seuns is vlnr: Lohan Reynecke, Katli Mathuloe, Retshe Mputle en Ruandre Booysen.

Op die fotos verskyn die meisies vlnr: Tiana van Niekerk, Linchen Langeveldt, Mia de Wet en Anelia Nel.