Laerskool Rustenburg o.11 gemengde dubbels tennisspan vaar uitstekend in Klerksdorp

Laerskool Rustenburg se o.11 gemengde dubbels tennisspan het uitstekend gevaar in Klerksdorp tydens die NW Finale wat op Maandag 20 Junie plaasgevind het. Hulle was onoorwonne op die dag en is as NW kampioene gekroon. Op die foto verskyn die volgende spelers met hul trofee:

vlnr is Vian Botha, Mia de Wet, mnr Callie J van Rensburg, Blayne Nel, Amorique Marshall, Ayden Nel, Clarice Williams en Eldrich Gezorke. Voor is Elle-Rose Pretorius.