Laerskool Rustenburg se twee eerstespanne maak skoonskip in Bojanala
Die PARIBAS-TOERNOOI. Laerskool Rustenburg se twee eerstespanne maak skoonskip in Bojanala. Larriestennis se seuns en meisies eerstespanne het die afgelope twee weke skoonskip gemaak teen die ander skole in die Bojanalastreek. Hul dring dus nou altwee deur na die NW Finale wat in September plaasvind. Indien dit daar goed gaan sien ons hulle in aksie in die landsfinale by die Arthur Ashe Tennissentrum in Soweto op die 4de November. Ons hou duimvas vir julle en is supertrots op julle!

Op die foto van ons meisiespan verskyn vlnr: Tiana van Niekerk, Linchen Langeveldt, Mia de Wet en Anelia Nel. Crystal Watt het ook vir hierdie spannetjie gespeel maar ongelukkig nie op die dag wat hierdie foto geneem is nie. Baie dankie aan haar ook!

Die seuns is vlnr Lohan Reynecke, Katli Mathuloe, Retshe Mputle en Ruandre Booysen.