Hoërskool Rustenburg ondersteun die Borg-‘n-Brinkie fondsinsameling
Hoërskool Rustenburg ondersteun die Borg-‘n-Brinkie fondsinsameling. ‘n 58 – 10 oorwinning vir die Rustenburg-manspersoneel! Hier is ‘n paar hoogtepunte van Donderdag (23 Junie, 2022) se fondsinsamelingswedstryd teen Impala se 3de span. Baie dankie aan elke Rustenburger wat kom ondersteun het en ‘n bydrae gemaak het tot dié inisiatief vir Laerskool David Brink. Ons is sterker wanneer ons hande vat!

Mnr Brendan Coetzee van RHS tydens die fondsinsamelingswedstryd teen Impala se 3de rugbyspan

RHS 1ste Rugbyspan met Laerskool David Brink personeel by die fondsinsamelingswedstryd