LS Rustenburg o.13 gemengde dubbels tennisspan presteer
Larries se o.13 gemengde dubbels tennisspan het op Maandag, 25 Julie, in Klerksdorp aan die Noordwes gemengde dubbelsliga finaal deelgeneem en uitstekend gevaar.
Hulle het teen die spanne van Laerskole Vryburg, Lichtenburg, Saamtrek, Vastrap en Mooirivier gespeel en ongelukkig in die laaste wedstryd teen Mooirivier verloor. Hulle eindig tweede in Noordwes. Baie geluk met hierdie pragtige prestasie. Larries is trots op elke speler betrokke

van links na regs: Lohan Reynecke, Katli Mathuloe, Retshe Mputle, Ruandre Booysen, mnr Callie J van Rensburg (tenniskoördineerder), Crystal Watt, Anelia Nel, Tiana van Niekerk en Linchen Langeveldt.