Laerskool Rustenburg gekroon as boogskiet Interskole Kampioene
LARRIES INTERSKOLE KAMPIOENE!
Larries boogskiet het Saterdag, 23 Julie ‘22 hulle jaarlikse Larries interskole boogskietkompetisie met groot presiesheid aangebied. Ons larrieskuts het groot sukses behaal by die spoggeleentheid en het hulle mooi van hulle taak gekwyt. Hulle het ook pragtig presteer in die primêre afdeling. Die eerstespan het weer met die eerste plek weggestap in die primêre afdeling met ‘n pragtige telling van 3197 uit 3600 en is aangewys as Larries interskole primêre kampioene vir 2022. Dit is ook hulle hoogste telling vir die jaar tot dusver. Ons Larries boogskietspan het weer pragtig presteer en ons baie trots gemaak.
Larries se seunsskuts het 5 en dogterskuts het 7 uit die beste 10 plekke ingeneem. Skuts wat baie goed presteer het, was Jan-Hendrik Rudolph (tweede plek onder die primêre seunskuts met ‘n telling van 283 uit 300), Melandie Swart (tweede plek onder die primêre dogterskuts met ‘n telling van 280 uit 300) en Bernise Homan (derde plek onder die primêre dogterskuts met ‘n telling van 269 uit 300).
Ons is sommer baie trots op AL die lede van ons boogskietspanne wat ons naam so hoog hou!
Baie dankie ook aan al ons Larrie-ouers, afrigters, personeel, borge en ondersteuners wat die suksesvolle kompetisie moontlik gemaak het. Dit word opreg waardeer.

Op die foto:
3de Ry: Mev. Elizé Rudolph, Melandie Swart, Jan-Hendrik Rudolph, Elnandré Richter, Danika Weitsz.
2de Ry: Megan van der Westhuizen, Jessica Keulder, Clerise Botha, Bernise Homan, Stefan Flemming
1ste Ry: Ethan Austen.
Afwesig: Hannes Bothma, Divan le Roux.