Hoërskool Rustenburg netbal los hulle merk by SA-skole byeenkoms
Die o. 14A- en o. 16A-netbalspanne van Hoёrskool Rustenburg los hulle merk by die SA-skole netbalbyeenkoms. Na ‘n paar taai wedstryde teen skole soos Noordheuwel, Paarl Gim en Potch Gim behaal die o. 14A-span ‘n algehele 6de plek en die o. 16’s eindig onder die top-16 skole in Suid-Afrika. Die o. 17A-span het ongelukkig vasgetrap teen Hoёr Volkskool Potchefstroom en hulle kans uitgemis tot ‘n uitspele. Dis ‘n besondere prestasie en die Rusties is trots op elke speler en afrigter se harde werk en toewyding!
Die 1ste netbalspan begin 8 Augustus 2022, met hulle uitspele vir die beker. Die o. 15A’s neem deel aan die Khai Motsepe-byeenkoms wat eers die 19de Augustus 2022 plaasvind.

o. 14 A Netbalspan Antonel de Villiers, Zunika Bouwer, Mirne Young, Corneli Gerber, Tieneke Gouws, Kaylan Goosen, Ja-lize Louw, Zanelle Jacobs en Chrizelle Olivier

o. 16 A Netbalspan Kamogelo Molefe, Zané Maritz, Dané Volschenk, Marni Lombaard, Liandri de Wet, Carike Arnold, Elsje Gouws, Chelize Durie en Karla Stieger