Laerskool Rustenburg seuns en dogters speel uitstekende tennis
Laerskool Rustenburg het vanaf 3 – 6 Augustus 2022 met twee spanne deelgeneem aan die O13 Truida Kestell Inter Africa tennistoernooi te Bethlehem. 76 spanne van regoor Suid- Afrika het aan die toernooi, wat hierdie jaar sy 21ste bestaansjaar gevier het, deelgeneem. Dit is ook die grootste tennistoernooi vir laerskooltennisspanne in die land.
Ons seuns en dogters het uitstekende tennis gespeel en baie lof ontvang vir hul gedrag op en van die baan. Hulle was wáre Larrie-ambassadeurs gewees! Albei spanne het in die A-afdeling deelgeneem en ons wil baie geluk sê aan die dogters wat 8ste en ons seuns wat 20ste geëindig het. Mia het ook ‘n Pro Kennex tennissak gewen as jongste meisiesdeelnemer aan die toernooi.

Op die foto verskyn vlnr Tiana van Niekerk, Anelia Nel, Linchen Langeveldt, Mia de Wet, mnr. Callie J van Rensburg, Juwei Shai, Retshe Mputle, Katli Mathuloe en Lerato Matlaisane.