Die Hoërskool Rustenburg hokkieseuns presteer puik by Noordvaal
Die Hoërskool Rustenburg hokkieseuns presteer puik by Noordvaal! Die onderskeie seunshokkiespanne van Hoёrskool Rustenburg het vanaf die 4de tot die 6de Augustus 2022 aan Noordvaal deelgeneem om te bepaal wie is die beste van die beste. Die o. 18-span het in Krugersdorp gaan deelneem. Die o. 16-span was in Tzaneen en die o. 14A-span het in Pietersburg gaan speel.
Die 1ste-span het ‘n algehele 8ste plek verower, die o. 16A-span het ‘n algehele 5de plek behaal en die o. 14A-span het ‘n algehele 4de plek verower.

(v.l.n.r) Heiko Meyer, Luniel Bosman, Christiaan Dednam, Stephan de Lange, Nathan Fourie, Francois Coetzee, Jordan Casson. (a.l.n.r) Christivan Coetzer, Rohan le Grange, August Behrens, Coach Colin Mendoza, MJ Ott