Laerskool Rustenburg Boogskietskuts deel van NW boogskietspan
Laerskool Rustenburg Boogskietskuts deel van NW boogskietspan. Ons wil net die volgende Larrieskuts gelukwens met hulle verkiesing tot die 2022 AGA-NW Interprovinsiale primêre span wat aan die 2022 AGA-SA Interprovinsiale boogskietkampioenskap gaan deelneem teen die res van die provinsies in die land op 5 Oktober te Paarl, Weskaap. Ons Larrie-skuts het 9 van die 16 plekke opgeneem.
Die volgende Larrieskuts Melandie Swart, Jan-Hendrik Rudolph, Bernise Homan, Hannes Bothma, Ethan Austen, Nathan Strydom, Clerise Botha, Elnandré Richter en Dehan van Aswegen is verkies tot die 2022 AGA-NW Interprovinsiale primêre span wat die top 16 laerskool skuts is in Noordwes. Julle het baie tyd en harde werk ingesit om deel te wees van die AGA-NW spanne en verdien om daar te wees. Baie geluk aan almal van julle, julle maak ons ongelooflik trots. Sterkte met die voorbereiding en hou Larries boogskiet se naam hoog.

2de Ry: Dehan van Aswegen, Hannes Bothma, Bernise Homan, Clerise Botha. 1ste Ry: Ethan Austen, Jan-Hendrik Rudolph, Elnandré Richter, Melandie Swart, Nathan Strydom.