HS Fichardtpark cheerleaders behaal hoë hoogtes
Vyf van ons Fichie-Cheerleaders is tydens die SAMCA-proewe ingesluit in nasionale spanne. Baie geluk aan Vivienne Lombard en Darren Grobbelaar wat beide ingesluit is in SAMCA-span. Om verkies te word vir die SAMCA Nasionale -span, moet ‘n Cheerleader eers SAMCA-kleure verwerf. Ons is trots op 3 van ons Lions Cheerleaders wat verkies is tot die SAMCA Nasionale -span: Benette Frylinck, Kayleigh Kruger en Kaylene de Klerk.

SAMCA Nasionale Span

SAMCA Kleure