HS Fichardtpark Manne-aand 2022
Hoërskool Fichardtpark het Woensdag, 25 Mei weereens hulle bekende Bunny-Chow Manne-aand aangebied. Jaco Peyper, Helgaardt Muller en Robert Ebersohn was gaste vir die aand. Die bekende Pieter Moller het as seremoniemeester opgetree. Die aand was weereens ‘n reuse sukses. Baie dankie aan al die maatskappye wat tafels gekoop het. Die winste van hierdie projek word aangewend tot voordeel van ons kinders.

V.l.n.r. Jaco Peyper (Bekende Internasionale Skeidsregter) Ruan Jacobs (Pres Brand Primêr) Herman vd Merwe (Skoolhoof) Hennie Botha (Fichardtpark Primêr) Pieter Moller (Seremoniemeester) Helgaardt Muller (oud- Vrystaat rugbyspeler).