Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Driehoek se hoofdogter vir 2022
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Driehoek se Hoofdogter: Kara Ox
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarvoor sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as ʼn leier by jou skool? Ek sien verskriklik uit daarna om die graad 8’s te verwelkom, maar die groentjiekonsert gaan die hoogtepunt wees.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
My sterkpunte:
– Uithouvermoë
– Hardwerkend
– Goeie tydsbestuur
My swakpunte:
– Na ń lang dag van mense benodig ek alleen tyd.
Is daar enigiets wat jy graag sou verander by jou skool? Ek sal graag mentorskap in die skool wil inkorporeer deur elke matriekraadlid ń VLR lid (8-11 graadleiers) te gee om te mentor.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Sterk akademiese onderrig.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek sal graag 6 onderskeidings aan die einde van my matriekjaar wil hê.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Soos my ouma altyd sê :”Haal net asem, dan gaan jy nie dood nie.” Wanneer jy oorweldig voel, haal net diep asem, en vat een ding op ń slag.
Wie is jou rolmodel? My rolmodel is Anne Frank. Een van my gunsteling aanhalings is:” I don’t think of all the misery but of all the beauty that still remains.” Dit inspireer my om altyd die goed in moeilike situasie te soek.
Wat is jou planne vir na skool? Ek beplan om aktuariële wetenskap by die Universiteit van Pretoria te studeer.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? As ek ‘n superhero kon wees sou ek “Groot” wees, “because i am Groot.”
Op ‘n normale Saterdag sal julle my kry by… die huis besig om Friends te kyk of ‘n goeie boek te lees saam met my honde.
Wie is jou ‘celeb crush’? Tom Hiddleston.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Hokkie
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappuccino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Wegneemete
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Vir ure lank gunsteling TV-Reeks kyk
- Android of iOS? Android