Op die AWSUM rusbank met Laerskool Totius se hoofdogter vir 2022
Op die AWSUM rusbank met Laerskool Totius se hoofdogter: Tinique Vrey
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om ‘n goeie voorbeeld te wees.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Om ‘n knie – hoogte denim te dra in somersvrydagdrag.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? My skool werk, vriendinne en sport.
Na watter hoërskool gaan jy in 2023? Sover Hoërskool Driehoek.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Hou aan werk en jy sal wen.
Wie is jou rolmodel? My Pa.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Wonder Woman.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… Saam met my ouers by boeremarkte of visvang.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Tom Holland (Spiderman).
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Netbal
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Warm sjokolade
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees bywoon
- Android of iOS? Android