Op die AWSUM rusbank met Laerskool Totius se hoofseun vir 2022
Op die AWSUM rusbank met Laerskool Totius se hoofseun: Kevin Gouws
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om my skool se naam hoog te hou. Om elke dag by die skool te kan wees en om saam my mede-leiers ‘n verskil te kan maak en hulle te lei na die beste van my vermoë.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte? My sterkpunt is om altyd netjies en skoon te wees en om orde te hê in die skool asook ander te motiveer. My swakpunt is ongelukkig my klein hart. Ek kry almal te gou jammer, wil altyd help.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Om elke dag die onderwysers te kan sien, hulle doen so baie. Min kinders waardeer dit. En ook om daar te kan wees vir ander en ‘n voorbeeld te stel. Skool is lekker!!!
Na watter hoërskool gaan jy in 2023? Ek wil graag Hoërskool Transvalia toe gaan.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Begin elke dag met gebed, staan saam en werk in ‘n span om positief te wees en mekaar te ondersteun.
Wie is jou rolmodel? Siya Kholisi en my ouers.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? SUPERMAN – Ons doel en mikpunt is dieselfde – om die wêreld ‘n beter plek te maak en dat almal in vrede saam kan leef. Mense/Skoolkinders te help in nood.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… By die huis saam my familie waar ons tyd saam spandeer. Daar is niks beter as familie-tyd nie.
Wie is jou Hollywoo’d ‘celeb crush’? Ariana Grande (Sanger).
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Verseker Rugby
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Warm sjokolade
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Beide!
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? My gunsteling TV-reeks
- Andriod of iOS? Andriod