Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria leerder presteer in Wiskunde
Baie geluk aan Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria Tineke Wilcocks wat ingesluit is in die ASSA Suid-Afrikaanse Wiskunde Spankompetisie (SAWS). Die eer is gebaseer op haar prestasie in die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade (SAWO). Tineke word uitgenooi om die Gauteng-Noord streek in die 2021 ASSA Suid-Afrikaanse Wiskunde Spankompetisie (SAWS) te verteenwoordig.
