Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria leerder wen met digitale monoloog
Die finale van die FAK/Allegretto nasionale Toneelfees het Saterdag die 2 Oktober in die Voortrekker Monument plaasgevind. Tydens hierdie geleentheid is die Wenners van die digitale monoloog afdeling aangekondig.
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is trots om aan te kondig dat Bianca Janse van Vuuren met die eerste plek weggestap het. Sy wen algehele eerste plek as beste aktrise asook die beste digi-produksie van die Toneelfees. Ons sien haar in die kollig.