Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria Conspirito-debatskompetisie uitslae
Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria Conspirito-debatskompetisie uitslae. Op 22 en 23 September het al drie Affie-spanne onder die leiding van dr. Gustav von Bratt na die finale ronde van hierdie kompetisie op 22 en 23 Oktober deurgedring waar drie noordelike provinsies en die Weskaap mekaar die stryd aansê. Affies het twee junior spanne en een senior span ingeskryf om hierdie nuwe kompetisie te verken.
Die twee junior spanne het bestaan uit Jacques Ferreira en Neil Grobbelaar sowel as Dian Dreyer en Pieter Wiese. Affies se senior span was Stephan Ehlers en Naudé Lourens. Saam met Affies het daar in die eerste jaar van die kompetisie sewe ander skole uit die noordelike provinsies meegeding, naamlik Linden, Transvalia, Helpmekaar, Oos-Moot, Ermelo, Nelspruit en Garsfontein. Daar was 23 junior spanne en 24 senior spanne.