Filmit genomineerdes aangekondig
Die Filmit kompetisie is in sy finale en opwindende fase waar die genomineerdes in elk van die kompetisie se onderskeie kategorieë aangekondig is. Filmit is ’n kortfilmkompetisie vir hoërskoolleerders van Suider-Afrika. Bradley Joshua (Gambit Films), Louis Pretorius, Albert Snyman (Infinity Films), Zandré Coetzer, Scharl van der Merwe (Nagvlug Films), komponis Braam du Toit en eienaars van Annie’s Wardrobe het almal saamgespan om op Filmit se beoordelaarspaneel te dien. Negetien van die twintig finaliste het hul films suksesvol voltooi en ingedien in Oktober 2021. Hieronder is die genomineerdes vir die eerste Filmit kompetisie soos aangebied deur Paul Roos Gimnasium, Atterbury en WeBuyCars.
Filmit kondig met trots aan – Filmit 2021 se genomineerdes
Drie genomineerdes is in elke kategorie geïdentifiseer. Die wenners sal op 10 Desember 2021 tydens ‘n spesiale gala geleentheid te Atlantic Studios in Kaapstad aangekondig word. Veels geluk aan die volgende skole:
Beste Film
- Duwweltjie, Paul Roos Gimnasium
- Status Bewus, Kalahari Hoërskool
- Theatre Kid, Hoër Meisieskool Bloemhof

Duwweltjie _ Paul Roos Gymnasium _ Poster BEST FILM NOMINEE

Status Bewus _ Hoërskool Kalahari _ Poster BEST FILM NOMINEE

THEATRE KID POSTER _Hoër Meisieskool Bloemhof BEST FILM NOMINEE
Beste Regisseur
- Bernard Robbins, Cascade, Rondebosch Boys’ High
- Jaeden Beukes, Conflict: A Journey to Passion, Worcester Gimnasium
- Riyago Maartens, A magician never reveals his secrets, Curro Durbanville
Beste Draaiboek
- Mia Erasmus, The Gingerbread House, Afrikaanse Hoër Meisieskool
- Myasah Al-absi, What drove her to madness, Groote Schuur High School
- Zia Geldenhuys, Theatre Kid, Hoër Meisieskool Bloemhof
Beste Kamerawerk
- Michael Lighton, Cascade, Rondebosch Boys’ High
- Pieter Wessels, Philip Ham & Joubert Vivier, Duwweltjie, Paul Roos Gimnasium
- Zia Geldenhuys, Theatre Kid, Hoër Meisieskool Bloemhof
Beste Redigering
- Michael Lighton & Bernard Robbins, Cascade, Rondebosch Boys’ High
- Robin Pheiffer, Search, Fairmont Hoërskool
- Zia Geldenhuys, Theatre Kid, Hoër Meisieskool Bloemhof
Beste Spesiale Effekte en Kreatiwiteit op stel
- Duwweltjie, Paul Roos Gimnasium
- Search, Fairmont Hoërskool
- Theatre Kid, Hoër Meisieskool Bloemhof
Beste Klankbaan
- Conflict: A journey to passion, Worcester Gimnasium
- Duwweltjie, Paul Roos Gimnasium
- Theatre Kid, Hoër Meisieskool Bloemhof
Beste Kostuums
- A magician never reveals his secrets, Curro Durbanville
- Status Bewus, Kalahari Hoërskool
- The Art of Colour, St George’s Diocesan College
Beste Plakkaatontwerp
- Duwweltjie, Paul Roos Gimnasium
- The Art of Colour, St George’s Diocesan College
- Theatre Kid, Hoër Meisieskool Bloemhof
Beste Aktrise
- Logan Davids, Too bright to shine, Mitchell’s Plain Hoërskool
- Luchuané Hechter, Theatre Kid, Hoër Meisieskool Bloemhof
- Myasah Al-absi, What drove her to madness, Groote Schuur Hoërskool
Beste Akteur
- Kgothatso Kgopa, The Gingerbread House, Afrikaanse Hoër Meisieskool
- Roché Meyer, Duwweltjie, Paul Roos Gimnasium
- Xavier Griqua, Status Bewus, Kalahari Hoërskool
Beste aktrise in ‘n ondersteunende rol
- Isabella Cupido, A magician never reveals his secrets, Curro Durbanville
- Kalia Jordaan, Status Bewus, Kalahari Hoërskool
- Mia Erasmus, The Gingerbread House, Afrikaanse Hoër Meisieskool
Beste Akteur in ‘n ondersteunende rol
- Gihaan Steenkamp, Toue en Kloue, Parkdene Hoërskool
- Mark Claassen, Toue en Kloue, Parkdene Hoërskool
- Tristan Badenhorst, The Gingerbread House, Afrikaanse Hoër Meisieskool
Beste Ensemble
- Status Bewus, Kalahari Hoërskool
- The Gingerbread House, Afrikaanse Hoër Meisieskool
- Too bright to shine, Mitchell’s Plain Hoërskool
Navrae: media@paulroos.co.za Uitnodigings na die toekenningseremonie word teen Maandag 22 November 2021 aan die media voorsien.