Munster oefen by die Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria
Die Ierse klub, Munster Rugby, maak vir die volgende twee weke van Affies se fasiliteite gebruik. Dit is ter voorbereiding vir hul wedstryde teen die Bulle op Loftus Versfeld eerskomende Saterdag en die Lions op Ellispark die naweek daarna. Die klub word deur oud-Affie Johann van Graan (1998), voormalige hulpafrigter van die Springbokke, afgerig. RG Snyman (2013), wat ook vir die klub speel, is egter nog op die krukkelys en sal nie die span se toer na SA meemaak nie. Spanlede het vanoggend die ysters in die Staalkraal, die Affie-gimnasium, probeer buig.
Foto: Munster Rugby