Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria atlete begin 2022 met ‘n oefenkamp
54 Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria atlete en vyf afrigters het 2022 se atletiekseisoen sommer vroeg-vroeg afgeskop. Die atletiekspan het die week van 3 – 8 Januarie ‘n oefenkamp in Durban bygewoon. Daar is elke dag hard op die King Shaka-stadion geoefen. Tussendeur was daar darem ook tyd vir stranddae, speel en lekker kuier.