Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria graad 8`s van 2022 ontmoet die Muur
Die Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria graad 8`s van 2022 het vanoggend hul ontmoeting met die Muur gehad, waarna hul eerste amptelike skooldag begin het. Mnr. Joynt het die skool in die vierkant terugverwelkom na die vakansie en moed ingepraat vir die res van die jaar. Hierna is die seuns na die pawiljoen om bietjie gees te vang voor die akademiese periodes begin.