Afrikaanse Hoër Meisieskool atlete verras by Super Interhoër
Die Super Interhoër, word al vir 20 jaar aangebied en Pretoria se top atletiekskole in twee afdelings A & B ding mee met die bestes uit Johannesburg, die Oos-Rand en enkele skole uit Noordwes en Mpumalanga. Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het die byeenkoms maklik gewen met 447 punte op die telbord die skool wat tweede was het 373.5 punte gehad.
Met die byeenkoms het 11 byeenkomsrekords in die slag gebly waarvan 10 van die byeenkomsrekords deur Pretoria skole opgestel is.

Affies se Anje Nel in aksie tydens ‘n vorige byeenkoms. (Foto: Johan Orton) Op Woensdag 6 Maart wen die Afrikaanse Hoër Meisieskool die dogtersafdeling by die jaarlikse Super Interhoër te Ruimsig.