Boland Landbou VS Oakdale Landbou: Hoër Landbouskool Boland o.19A rugbyspan
Kom ondersteun die eerstespan Saterdag 27 Augustus om 12:15 op die Rugby A Veld Paardeberg:
AWSUM het met hul afrigter, Philip Molnar, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Interskole is vir enige speler die hoogtepunt van hulle skoolloopbaan! Die feit dat ons dit die afgelope twee jaar nie kon beleef nie, maak hierdie een besonders spesiaal. Ons is ‘n span wat ongelooflike veggees het en manne wat regtig die swart trui met trots verteenwoordig. Die mense kan ‘n klipharde wedstryd verwag, van begin to einde.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons is ‘n span wat daarvan hou om met tempo te speel!
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Met skolerugby wat so groot raak, is dit soms maklik om te vergeet dat die spelers se opvoeding eerste prioriteit is.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so?
Baie tyd en moeite word aan ‘n rugbyprogram bestee! Kwaliteit-afrigting het in die laaste tyd toegeneem en die feit dat ‘n leerder ‘n toekoms om die sport kan bou lei daartoe dat skolerugby toenemend kompeterend word.
Hier is die o.19A rugbyspan van Hoër Landbouskool Boland:

1 Malcolm Lamont loskopstut

2 Hannes van Wyk Haker

3 Christoff Etzebeth Vaskopstut

4 Andries Truter Slot

5 Wian Jongsma Slot

6 Jan Louw Flank

7 Jaco Engelbrecht Flank

8 Jaccus Pretorius Kaptein Agsteman

9 Francois Hesse skrumskakel

10 Jandre Genis Losskakel O.Kaptein

11 Dewald de Villiers vleuel

12 Albie Bester Senter

13 Shauwin Booise senter

14 Angelo Daniels vleuel

15 Joe Bezuidenhout Heelagter
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.