HTS John Vorster bied eerste Gauteng Liga Bergfietswedren vir 2022 aan
HTS John Vorster bied eerste Gauteng Liga Bergfietswedren van 2022 aan. Meer as 600 geesdriftige bergfietsryers vanuit die hele Gauteng, het 14 Mei bymekaargekom om die Gauteng Bergfietsliga af te skop. Hierdie reeks, wat nou bekend staan as die Cycle Lab School’s MTB series, word reg deur die jaar by 5 skole aangebied. HTS John Vorster was gasheerskool vir die eerste wedren en het die standaard van skole- bergfietsry baie hoog gestel.
Fietsryers het die geleentheid gehad om ‘n 4.7 km roete in die pragtige Magaliesberge, agter die skool te ry, wat dan vanuit die berg ook op die skoolgronde ‘n draai gemaak het. Hierdie roete was alles behalwe maklik en het gesorg vir stof, sweet en uithouvermoë wat beproef was tot die uiterste.
HTS John Vorster, wat vanaf 2017 die beste bergfietsspan in die Moot het, het weereens uitstekend gevaar. 37 Seuns het deelgeneem en die toppresteerders was Wium du Toit o/15 wat ‘n 4e plek behaal het, Xander Mc Near, ook kaptein van die span, wat ‘n 3e plek behaal het en Evan Prinsloo o/17 wat ‘n 10e plek behaal het. Die seuns word afgerig deur Mnr. Lionel Scholtz en Mnr. Gawie Victor en bestuur deur Me. Marike Geyser en Mnr. Jurg Swart. HTS John Vorster bedank ook graag die borge , ouers en ander betrokkenes wat gesorg het dat hierdie dag ‘n reuse sukses was.