HTS John Vorster gee om
HTS John Vorster hou jaarliks ‘n insameling vir minderbevoorregde mense in ons omgewing. Die jaar het on sook deelgeneem aan Groot FM se Grootste G(ee) projek waar ons klere ingesamel het vir GIFT OF THE GIVERS. Hulle fokus is tans op die mense in Natal wat deur die groot vloede geraak is in 2022. Ons as skool wat in Gauteng is kan nie daar uitkom nie en daarom het ons vir GIFT OF THE GIVERS ondersteun in die projek.
Tesame met die klere-insameling het on sook na ons eie gemeenskap uitgereik en nie-bederfbare kos, baba produkte en ander produkte ingesamel om die mense wat naby ons harte is te help die winter. Ons het ‘n hulpfonds wat deur die jaar na mense in ons nabye omgewing ook hulp benodig. Dankie vir elke person, familie, JV-ouer en maatskappye wat ons gehelp het met die projek. Ons is ewig dankbaar vir jou bydrae.