Hoërskool Montana landloopatlete haal die AGN-span opgeneem
Na die afhandeling van die eerste vier AGN landloopligas, is die AGN-span aangekondig om op 4 Junie aan `n Interprovinsiale kampioenskappe deel te neem by Zonderwater. Die volgende Montie landloopatlete is in die AGN-span opgeneem:
- 0.14 – Kaylen Niemann; Lené Maartens; Sioné Nel; Cheré Erasmus en Christiaan van den Berg.
- 0.15 – Chie-Ann Grahan; Gordon Schoombee en Marcel Brits.
- 0.16 – Izandri Jacobs; Naas de Beer en Juandré Erasmus.
- 0.17 – Ivan du Plessis
- 0.19 – Jaimee van Zyl
- 0.23 – Nerize de Beer.
Baie geluk aan elkeen van julle. Die Monties is baie trots op julle.