Laerskool Witpoort se Wiskunde is tops
Laerskool Witpoort se Wiskunde is tops! Agt van Laerskool Witpoort se Graad 7 leerders het Saterdag 14 Mei deelgeneem aan HMC, die Nasionale Wiskunde kompetisie. Al ons leerder het baie hard gewerk saam Juffrou Almarie en drie van ons leerders is onder die Top 150 van die land! Baie geluk Carel Schinkel, Neline Schinkel en Angelo Maranta.

Op die foto v.l.n.r: Carel Schinkel, Neline Schinkel, Almarie Kok en Hennie Griessel (skoolhoof).