Laerskool Witpoort vier ‘n sprokies Oupa- en Oumadag
Laerskool Witpoort vier Oupa- en Oumadag. Saterdag 28 Mei het Kaalvoet Kleuters se jaarlikse Oupa- en Oumadag plaasgevind. Ons tema hierdie jaar was feeverhale en ons oupas en oumas het omtrent hulself uitgeleef in hul gunsteling feëverhaal-karakters. Van Gouelokkies tot Robbin Hood het die oggend saam met hul kleinkinders geniet. Kleuters het met groot opgewondenheid uitgesien na hierdie dag en het met entoesiasme hul oupas en oumas vermaak deur opvoerings op die verhoog. Van ons kleinste kaalvoet babatjie tot ons oudste kleuters was deel van hierdie spesiale oggend. Die oggend is afgesluit met heerlike sop en broodjies, sjerrie en saamkuier.

Oupa- en Oumadag

Oupa- en Oumadag

Oupa- en Oumadag

Oupa- en Oumadag

Elizma en Klarabelle Grabie saam Ouma