HS Garsfontein se robotika vaar skitterend tydens nasionale kampioenskap
Hoërskool Garsfontein se Robotika-spanne het skitterend gevaar tydens die jaarlikse First Lego League (FLL) se nasionale kompetisie. Hierdie kompetisie het in die SciBono Discovery-kompleks in Johannesburg plaasgevind.
Die Crispy Actinides bestaande Bennie van Eeden, Diederik de Bruin, Nathan Naudé en Euan van Rooyen het ‘n uitmuntende eerste plek in die Robot-lopies ontvang.
Dié span het ook dan ‘n algehele tweede plek tydens die kompetisie verdien.