HS Garsfontein leerder verower eerste plek in Gobabis
Ilandi Koch het onlangs tydens ERASA (Uithourit-vereniging van Suid-Afrika) en SAEF (Suid-Afrikaanse Perdesport-vereniging) se Uithourit-kampioenskap in Gobabis, Namibië ‘n eerste plek op die internasionale byeenkoms behaal.
Die kampioenskap was ‘n internasionale byeenkoms tussen Suid-Afrika en Namibië.
Koch het eerste oor die eindstreep na 120km in die saal gejaag. Sy het tydens die kampioenskap ook haar permanente ruiternommer ontvang asook haar Junior SA-kleure ontvang.