HS Garsfontein hoogspring leerders gekies vir Afrika-kampioenskap
Die Hoërskool Garsfontein se twee hoogspringers, Brian Raats en Mia Janse van Rensburg, is albei in die Suid-Afrikaanse senior-atletiekspan ingesluit. Hulle het van 8 tot 12 Junie aan die Afrika-kampioenskap in Mauritius deelgeneem.
Dit sal albei se eerste keer wees wat hulle Suid-Afrika as seniors verteenwoordig. Wat ‘n ongelooflike prestasie vir die twee leerders van Garsfontein is.
Raats het vanjaar tydens ‘n Grand Prix-byeenkoms ‘n persoonlike beste van 2.26m gespring. Die matriekleerling het vanjaar ook ‘n silwermedalje tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap verower.
Die 15-jarige Janse van Rensburg het gekwalifiseer na sy op ‘n hoogte van 1.75m tydens ‘n Grand Prix-byeenkoms oor die lat geseil het. Sy het wel ‘n beste hoogte van 1.76m vanjaar wat sy tydens die Super Interhoër behaal het.

Mia Janse van Rensburg