Applous vir Die Hoërskool Menlopark koor
Applous vir Die Hoërskool Menlopark koor. In die verre verlede voor al die stories en rede het die klank van die Menlo-koor lig en warmte gebring. Hierdie lig het so geklink: n ama ai na kai la na da…ts k ts ts k ts ts ha! In 2022 het die groep vir die ATKV-Applouskompetisie se streeksfees aangetree. Uitgevat in pragtige, nuwe koordrag het die groep – met hulle oë op hulle talentvolle leier gevestig – reggestaan om ʼn kragtoer van musikaliteit, harmonie, en ritme te lewer.
Die gehoor is meegevoer en die beoordelaars verstom. Die GOUD op die sertifikaat spreek boekdele. Op die repliek het hulle geskryf: Dit was goed. Baie geluk aan die Menlo-koor met ʼn ongelooflike optrede tydens die streeksfees. Me. Jeanmari van Papendorp (koorleier) en mnr. Lourens de Jager (begeleier) het dit weereens reggekry om hulle musikale visie met die koor te deel. Die Menlo-koor is waarlik ‘n singende familie wat sing omdat hulle vreugde vind in die maak van musiek.